Ezekiel 43:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle skaam is oor alles wat hulle gedoen het, toon aan hulle die gedaante van die huis en die voorkoms daarvan, en die uitgange en die inkoms daarvan en al die gedaantes daarvan en al die insettinge daarvan, en al sy vorme en al die wette daarvan, en skryf dit voor hulle oë op, dat hulle die hele vorm daarvan en al sy verordeninge kan onderhou en dit doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En wanneer hulle skaam is oor alles wat hulle gedoen het, beskryf vir hulle al die spesifika-sies van sy konstruksie, ook sy ingange en deure en die bepalings daarvoor. Skryf hierdie spesifikasies neer terwyl hulle kyk sodat hulle dit kan onthou en die voorskrifte onderhou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en die kan uitvoer. |
| Afrikaans 1983 | en wanneer hulle skaam word oor alles wat hulle gedoen het, moet jy hulle op die hoogte bring van die uitleg van die tempel: sy ontwerp, sy uitgange, sy ingange, sy hele uitleg en al die voorskrifte en reëlings wat vir hom geld. Jy moet dit voor hulle oë neerskryf, sodat hulle die hele uitleg van die tempel en al die voorskrifte wat vir hom geld, in ag kan neem en daarvolgens kan optree. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle dan beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle vertroud met die sketsplan van die tempel, sy ontwerp, sy uitgange en ingange, al sy sketsplanne, al sy vaste voorskrifte, ja, al sy sketsplanne en al sy wette. Skryf dit voor hulle oë neer, sodat hulle al sy sketsplanne en al sy vaste voorskrifte sal bewaar en uitvoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer hulle skaam is oor alles wat hulle gedoen het, dan moet jy vir hulle sê hoe die tempel moet lyk. Jy moet vir hulle sê waar alles moet wees, waar mense kan uitgaan en inkom. Jy moet ook vir hulle sê wat hulle moet doen en hoe hulle dit moet doen. Jy moet dit skryf en hulle moet dit sien, sodat hulle die tempel so sal bou en alles sal doen wat Ek wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as hulle dan skaam kry, vertel hulle hoe Ek my huis wil laat lyk. Vertel hulle van die ingange en uitgange van die gebou en die kamers en alles wat Ek hier wil doen. Skryf dit alles op sodat hulle nie sal vergeet nie. Hulle moet die binnekant van die huis van die Here leer ken en weet hoe ’n mens moet optree as jy in my huis kom. Hulle moet doen wat Ek hulle beveel. |