Ezekiel 43:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, wys die huis aan die huis van Israel, dat hulle beskaamd kan staan oor hul ongeregtighede; en laat hulle die voorbeeld meet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, beskryf die tempel vir die mense van Israel soos Ek jou gewys het. Sê vir hulle hoe dit lyk en wat die plan is sodat hulle kan skaam kry oor al hulle sondes.
Afrikaans 1933/1953 Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.
Afrikaans 1983 “Mens, jy moet die tempel vir Israel beskrywe, sodat hulle kan skaam kry oor hulle oortredings. Laat hulle die plan van die tempel nagaan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy, mensekind, moet vir die huis van Israel die tempel beskryf, sodat hulle beskaamd kan staan oor hulle sondeskuld. Laat hulle 'n model daarvan uitmeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy, mens, jy moet vir die volk Israel vertel van my tempel, sodat hulle dit kan meet en skaam kan word oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan vertel vir jou volk hoe die huis van die Here lyk. Dalk kry die volk skaam as hulle hoor hoe sleg dit hier in my huis gaan. Wys hulle op ’n plan van die huis van die Here hoe dit hier lyk.