Ezekiel 42:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die muur wat buitekant die kamers was, na die buitenste voorhof, aan die voorkant van die kamers, sy lengte was vyftig el.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n muur voor die kamergebou al langs die buitenste voorhof, wat 25 meter lank was.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.
Afrikaans 1983 Daar was 'n muur voor die kamergebou al langs die buitenste voorhof. Die muur was vyf en twintig meter lank.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was 'n klipmuur wat aan die buitekant ewewydig met die vertrekke aan hulle voorkant in die rigting van die buitenste voorhof geloop het; dit was vyftig el lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n muur buite langs die kamers. Die muur was tot by die buitenste oop stuk grond voor die kamers. Die muur was 50 el lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ’n muur voor hierdie gebou al langs die buitekant. Die muur was 25 meter lank.