Ezekiel 42:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle was in drie verdiepings, maar het nie pilare gehad soos die pilare van die voorhowe nie; daarom was die gebou meer benadeel as die onderste en die middelste van die grond af.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kamers was in drie vlakke en het nie pilare gehad soos die voorhowe nie. Daarom was die boonstes kleiner as dié onder en in die middel.
Afrikaans 1933/1953 want hulle het drie verdiepinge gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.
Afrikaans 1983 Die kamers was in drie vlakke en het nie pilare gehad soos die voorhowe nie. Daarom was die boonstes kleiner as dié onder en in die middel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die kamers was in drie verdiepings gebou, en het nie pilare gehad soos dié by die voorhowe nie. Gesien vanaf grondvlak was die muur bo die onderste kamers teruggeskuif, en weer bo die middelste kamers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kamers was op drie verdiepings, maar hulle het nie op pilare gestaan soos die oop stukke grond nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as die middelste kamers en die onderste kamers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die kamers was in drie verdiepings gebou. Hulle het nie op pilare gerus soos die ander kamers nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as dié reg onder hulle.