Ezekiel 42:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Teenoor die twintig el wat vir die binneste voorhof was, en teenoor die plaveisel wat vir die buitenste voorhof was, was galery teen galery in drie verdiepings.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gebou het gegrens aan die tien meter wye strook teen die binneste voorhof en aan die deel van die tempelplein teen die buitenste voorhof. Die gebou was terrasvormig met drie vlakke, die een bokant die ander.
Afrikaans 1933/1953 Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepinge.
Afrikaans 1983 Die gebou het gegrens aan die tien meter wye strook teen die binneste voorhof en aan die deel van die tempelplein teen die buitenste voorhof. Die gebou was terrasvormig met drie vlakke, die een bokant die ander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kamers was langs 'n gang van twintig el breed wat deel is van die binneste voorhof, en teenoor die plaveisel wat deel is van die buitenste voorhof, en was gebou met 'n buitemuur wat driemaal trapsgewys vernou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gebou was langs die binneste oop stuk grond wat daar 20 el breed was, en langs die oop plek in die buitenste oop stuk grond. Die gebou was op drie terrasse.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gebou se grens was teenaan die binneste ingangsportaal van die huis van die Here aan die een kant en die buitenste ingangsportaal aan die ander kant. Die gebou het drie terrasse, en elkeen is hoër as die vorige een.