Ezekiel 42:20 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het dit aan die vier kante gemeet: dit het 'n muur rondom gehad, vyf honderd riete lank en vyf honderd breed, om 'n skeiding te maak tussen die heiligdom en die onheilige plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was 250 meter en die breedte 250 meter. Die muur het die heilige plek van die alledaagse afgeskei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het 'n muur gehad al rondom; die lengte was vyf honderd en die breedte vyf honderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was twee honderd en vyftig meter en die breedte twee honderd en vyftig meter. Die muur was die grens tussen die gewyde gebied en die wêreld daarbuite. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan al vier kante het hy die tempelterrein gemeet. Dit was vyfhonderd el lank en vyfhonderd el breed, en het 'n muur reg rondom gehad om skeiding te maak tussen wat heilig is en nie heilig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was 250 meter en die breedte 250 meter. Die muur was die grens tussen die area wat aan die huis van die Here behoort het en die wêreld daarbuite. |