Ezekiel 42:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy klaar was met die opmeet van die binneste huis, het hy my uitgebring na die poort waarvan die uitsig na die ooste is, en dit rondom gemeet.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die man die tempelgebied klaar aan die binnekant afgemeet het, het hy my by die oostelike poort uitgeneem om die totale tempelarea te meet.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my na die poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste lê, en dit gemeet al rondom.
Afrikaans 1983 Nadat die man die tempelgebied klaar afgemeet het aan die binnekant, het hy my by die poort uitgeneem wat oos gekyk het en die mure buite-om gemeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die man klaar was met die opmeet van die •tempel binne, het hy my uitgelei deur die poort wat oos front, en die muur buite-om gemeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het die tempel klaar gemeet langs die binnekant en die buitekant. Toe het hy my buitetoe gebring deur die buitenste oos-poort en hy het die tempel-gronde buite-om gemeet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man was toe klaar met sy afmetings van die huis van die Here se binnekant. Toe het hy my by die hek van die huis van die Here uitgeneem wat oos gekyk het. Ek het gesien dat hy die mure buite-om die huis van die Here meet.