Ezekiel 42:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die priesters daarin ingaan, mag hulle nie uit die heiligdom in die buitenste voorhof uitgaan nie, maar daar moet hulle hul klere neerlê waarin hulle dien; want hulle is heilig; en sal ander klere aantrek en nader kom na die dinge wat vir die volk is.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die priesters die heilige terrein verlaat, mag hulle nie direk na die buitenste voorhof toe gaan nie. Hulle moet eers die klere uittrek waarin hulle diens gedoen het, want die klere is ook heilig. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle na die dele van die gebou gaan wat vir die publiek oop is.”
Afrikaans 1933/1953 As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want die is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
Afrikaans 1983 “Wanneer die priesters hier ingekom het, mag hulle nie uit die gewyde gebied na die buitenste voorhof toe gaan voordat hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uitgetrek het nie, want die klere is ook gewyd. Hulle moet eers ander klere aantrek, dan kan hulle na die gebied toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die priesters ingegaan het, mag hulle nie uit die heiligdom direk na die buitenste voorhof gaan nie, maar moet daar in die kamers eers hulle klere waarin hulle diens gedoen het, neersit, want dit is heilig. Hulle moet ander klere aantrek en dan nader gaan na waar die volk is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters wat in die gewyde plek ingekom het en wat daar gewerk het, moet eers hulle klere uittrek voordat hulle uitgaan na die buitenste oop stuk grond. Hoekom? Want die priesters se klere is gewyd. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle by die ander mense op die buitenste oop stuk grond kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die mense wat hier werk, hier ingekom het, mag hulle nie weer hier uitgaan na die buitenste ingang nie. Hulle moet eers die klere waarin hulle gewerk het, uittrek. Selfs die klere wat hulle gedra het, mag slegs in die diens aan die Here gebruik word. Hulle moet eers ander klere aantrek. Daarna kan hulle na die ander plekke toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”