Ezekiel 42:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir my: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat voor die aparte plek is, dit is heilige kamers waar die priesters wat tot die HERE nader, die hoogheilige gawes moet eet; en die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer; want die plek is heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het vir my gesê: “Hierdie kamers wat oor die tempel uitkyk aan die noordekant en suidekant is heilig. Die priesters wat aan die Here offers bring, eet hier die heiligste offers. En hier bewaar hulle die graanoffer, die sonde-offer en die skuldoffer. Hierdie kamers is heilig.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die HERE nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
Afrikaans 1983 Die man het vir my gesê: “Dié kamers noord en suid van die tempelplein is gewyd. Dit is die eetplek van die priesters wat aan die Here die besondere gewyde offers bring. Daar sit hulle die besondere gewyde offergawes neer: die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer. Dié plek is 'n gewyde plek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het vir my gesê: “Die vertrekke aan die noordekant en die vertrekke aan die suidekant, wat langs die ruimte met beperkte toegang lê, is heilige vertrekke, waar die priesters wat na die Here mag nader kom, die •besonder heilige gawes moet eet. Daar moet hulle die besonder heilige gawes neersit – die •graanoffers, •reinigingsoffers en •hersteloffers – want die plek is heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir my gesê: “Die kamers in die noorde en die kamers in die suide wat oorkant die oop plek is, is die gewyde kamers, die priesters wat by die altaar werk, eet die hoog-gewyde offers daar. Dit is 'n gewyde plek, en hulle moet die hoog-gewyde offers daar neersit, dit is die koring-offer, die sonde-offer en die skuld-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het vir my gesê: “Niemand mag in hierdie kamers noord en suid van die oop area voor die huis van die Here kom nie. Dit is slegs daar vir die mense wat in die huis van die Here werk. Net hulle mag dit gebruik. Dit is hulle eetplek. Daar sit hulle die offers neer wat hulle op die altaar bring, offers van meel en ander offers wat hulle bring om mense se slegte dade vergewe te kry. Niemand mag hier kom wat nie hier hoort nie.