Ezekiel 42:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En volgens die deure van die kamers wat na die suide toe was, was 'n ingang voor op die pad, die pad reg voor die muur na die ooste, as 'n mens daarin ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ’n ingang aan die punt van die gang, die gang langs die keermuur, en nog een aan die oostekant vir dié wat daar wou ingaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: 'n ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as 'n mens na hulle toe aankom. |
| Afrikaans 1983 | was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was 'n ingang aan die punt van die gang, die gang langs die keermuur, aan die oostekant wanneer 'n mens ingaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So was ook die ingange na die vertrekke aan die suidekant dieselfde. Daar was 'n ingang by die begin van die gang wanneer iemand daar wou ingaan – soos die gang langs die skermmuur wat oos strek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die punt van die gang was daar 'n deur, dit was soos by die kamers by die noordekant. Die gang was langs die muur, oos van die ingang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was ook ’n ingang aan die punt van die gang, aan die oostekant wanneer ’n mens ingaan. |