Ezekiel 42:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die pad voor hulle uit was soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde was, so lank as hulle en so breed soos hulle; en al hulle uitgange was volgens hulle modes en volgens hulle deure. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En daar was ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed soos dié aan die noordekant. Hulle afmetings was ook dieselfde. |
| Afrikaans 1933/1953 | met 'n weg voor hulle, soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde toe lê, net so lank en so breed as hulle, en al die uitgange en inrigtinge soos by hulle. En soos hulle ingange, |
| Afrikaans 1983 | met 'n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle toegange en afmetings en uitgange |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | met 'n gang voor hulle. Dit het gelyk soos die vertrekke aan die noordekant – met dieselfde lengte en breedte. Ook alle uitgange, die uitleg en ingange was dieselfde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n gang voor die kamers, dit was soos voor die kamers by die noordekant, en die kamers was so groot soos die kamers by die noordekant, en 'n mens kon ook so in die kamers inkom of uitgaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | met ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle afmetings |