Ezekiel 42:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy my uitgebring na die buitenste voorhof, die pad na die noorde toe; en hy het my gebring in die kamer wat teenoor die afgesonderde plek was en wat voor die gebou was, na die noorde toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het die man my uitgebring na die tempel se voorhof aan die noordekant. Ons het die buitenste hof ingegaan en by ’n groep kamers teen die noordelike muur van die binneste hof gekom.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hy my uitgebring na die buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê,
Afrikaans 1983 Die man het my toe uitgebring na die buitenste voorhof toe aan die noordekant en my by 'n kamergebou gebring regoor die tempelplein en noord van die westelike gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het my in 'n noordelike rigting uitgelei na die buitenste voorhof, en my geneem na die vertrekke teenoor die ruimte met beperkte toegang en teenoor die gebou aan die noordekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die man my uitgebring na die buitenste oop stuk grond, by die noordekant. Daar het hy my gebring by die kamer oorkant die oop plek en oorkant die gebou by die noordekant van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die man my buitetoe gebring. Ek het buitekant die huis van die Here gaan staan, aan die noordekant. Die man wys my toe ’n kamer wat teenoor die huis van die Here gebou is, noord van die gebou.