Ezekiel 41:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het die hoogte van die huis rondom gesien: die fondamente van die sykamers was 'n volle riet van ses groot el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het opgemerk dat die tempelgebou op ’n terras gebou is wat die fondament vir die sykamers was. Die terras was drie meter hoog. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het gesien aan die huis rondom 'n verhoging as onderbou van die sykamers; dit was 'n volle roede hoog: ses el, tot aan die verbinding. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesien die tempelgebou is hoër as die ander gebou rondom. Die fondamente van die verdiepinggebou was 'n volle drie meter hoog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gesien dat daar reg rondom die tempel 'n opgeboude terras was wat as onderbou gedien het vir die sykamers. Dit was 'n volle maatstok hoog, ses el, tot by die basis van die sykamers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gesien die tempel is hoër as die ander gebou. Die fondamente van die gebou teen die mure van die tempel was een meetriet hoog, dit is ses el in die koningsmaat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gesien dat die huis van die Here se gebou hoër was as die ander gebou met die kamers wat rondom die huis van die Here was. Die fondamente van die kamers was ook drie meter hoog. |