Ezekiel 41:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sykamers was drie, die een oor die ander, en dertig in orde; en hulle het in die muur van die huis ingegaan vir die sykamers rondom, om vas te hou, maar hulle het nie in die muur van die huis vasgehou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kamers was op drie vlakke gebou, met 30 kamers op elke vlak. Die muur waarop hierdie kamers rus, was nie op die tempelmuur gebou nie, maar was in ’n afsonderlike muur ingebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die sykamers het in drie verdiepinge bo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, om daarop te dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie; |
| Afrikaans 1983 | Die kamers was in drie verdiepings, elkeen met dertig kamers. Die muur waarop hierdie verdiepinggebou gerus het, was regoor elke verdieping dunner as regoor die vorige, sodat die verdiepings nie in die tempelmuur self nie maar in dié afsonderlike muur ingebou was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die sykamers was sykamer op sykamer in drie verdiepings, dertig van hulle. Reg rondom het die buitemuur van die tempel trapsgewys vernou sodat daar steunpunte vir die sykamers kon wees en die steunpunte nie in die muur van die tempel sou wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die gebou het drie verdiepings gehad, en daar was 30 kamers in elke verdieping. Die mure van hierdie gebou was vas teen die mure van die tempel maar hierdie mure was nie dieselfde as die tempel se mure nie. Die mure van die gebou was dik by die onderste verdieping en dit was dunner by die tweede verdieping en dit was nog dunner by die derde verdieping. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie kamers het elk drie verdiepings gehad. Op elke vloer was tien kamers; 30 kamers in totaal. Die muur waarop hierdie kamers gebou was, was vir elke verdieping dunner as op die vloer daaronder. Dit het veroorsaak dat die verdiepings nie in die muur van die huis van die Here ingebou was nie, maar dat daar ’n afsonderlike muur was waarop die kamers gerus het. |