Ezekiel 41:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nadat hy die muur van die huis gemeet het, ses el; en die breedte van elke sykamer, vier el, aan alle kante rondom die huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die muur van die huis gemeet: ses el, en die breedte van die aanbousel: vier el, aan alle kante rondom die huis.
Afrikaans 1983 Daarna het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy meet toe die muur van die tempel: Dit was ses el dik. Die breedte van die sykamers aan alle kante reg rondom die tempel was vier el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hy die muur van die tempel gemeet. Dit was ses el dik. Die gebou teen die buitemure van die tempel was vier el breed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die muur van die huis van die Here gemeet. Dit was drie meter dik. Buite-om die huis van die Here was daar kamers aangebou. Hulle was twee meter breed.