Ezekiel 41:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy lengte gemeet: twintig el; en die breedte, twintig el, voor die tempel; en hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die binneste vertrek was tien meter lank en tien meter breed. Hy sê toe: “Dit is die Allerheiligste.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die vertrek gemeet. Die lengte was tien meter en die breedte, net soos dié van die tempelvertrek, ook tien meter. Die man het vir my gesê: “Hierdie vertrek is die Allerheiligste.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe meet hy die lengte van die vertrek: Dit was twintig el. Die breedte, aan die voorkant van die hoofvertrek, was ook twintig el. Hy het vir my gesê: “Dit is die •Allerheiligste.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het gemeet hoe lank die kamer is. Dit was twintig el lank. Die kamer was twintig el breed, dieselfde soos die voorste kamer. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die hoog-gewyde kamer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook die volgende vertrek gemeet. By daardie vertrek mag niemand ingaan nie. Dit is daar waar die Here bly. Die lengte van hierdie vertrek en sy breedte was tien meter. Die man het toe vir my gesê: “Hier bly die Here. Hier is die stoel waarop Hy sit.” |