Ezekiel 41:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die houtaltaar was drie el hoog en sy lengte twee el; en sy hoeke en sy lengte en sy mure was van hout; en hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier was ook ’n altaar wat van hout gemaak is, een en ’n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Die altaar in die voorste tempelvertrek was van hout, een en 'n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n altaar van hout – drie el hoog, met 'n lengte van twee el; dit het hoeke gehad, en die voetstuk en sykante was van hout. Die man sê toe vir my: “Dit is die tafel wat voor die Here is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die altaar in die voorste kamer was van hout gemaak, en dit was drie el hoog en twee el lank. Sy hoeke en sy kante was ook van hout gemaak. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die tafel wat altyd in die voorste kamer moet staan, voor die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die altaar in die voorste vertrek was van hout gemaak. Dit was een en ’n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante was van hout. Die man het vir my gesê: “Hierdie tafel staan heeltyd in die teenwoordigheid van die Here.” |