Ezekiel 41:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die grond af tot bokant die deur was gérubs en palmbome gemaak, en teen die muur van die tempel.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die buitenste muur van die Allerheiligste.
Afrikaans 1933/1953 van die grond af tot bokant die deur is die g,rubs en die palmbome aangebring, en wel aan die muur van die hoofvertrek.
Afrikaans 1983 Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die muur van die voorste tempelvertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die vloer tot aan die bokant van die ingange was daar gerubs en palmette. Die muur
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was gerubs en palmbome van die vloer tot bokant die deur, en ook teen die muur van die voorste kamer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was sulke sketse van die grond af tot bokant die ingang, tekeninge van die boodskappers van die Here en palms. Selfs teen die muur van die voorste vertrek waar die Here self gebly het, was daar sulke tekeninge.