Ezekiel 41:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die breedte van die deur was tien el; en die kante van die deur was vyf el aan die een kant en vyf el aan die ander kant; en hy het sy lengte gemeet: veertig el, en die breedte: twintig el.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ingang was vyf meter wyd, en die mure aan weerskante was twee en ’n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.
Afrikaans 1933/1953 En die breedte van die ingang: tien el, en die symure van die ingang: vyf el aan weerskante; ook het hy die lengte daarvan gemeet: veertig el, en die breedte: twintig el.
Afrikaans 1983 Die wydte van die ingang was vyf meter, en dié van die mure aan weerskante was twee en 'n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die breedte van die ingang was tien el, en die symure van die ingang was vyf el aan albei kante. Toe meet hy die lengte van die hoofvertrek: Dit was veertig el. Die breedte was twintig el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die deur was tien el breed, en elke muur langs die twee kante van die deur was vyf el breed. Die man het die voorste kamer gemeet. Dit was 40 el lank en 20 el breed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ingang self was vyf meter wyd, en die mure aan weerskante van die ingang was twee en ’n half meter lank. Hierdie groot vertrek was twintig meter lank en tien meter breed.