Ezekiel 41:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die gesig van 'n man aan die een kant na die palmboom gerig was, en die gesig van 'n jong leeu na die palmboom aan die ander kant: dit was deur die hele huis rondom gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n gesig soos ’n mens wat na die kant van die palm aan die een kant kyk, en ’n gesig soos ’n leeu wat na die kant van die palm aan die ander kant kyk. Die figure was al langs die binnekant van die tempel uitgekerf. |
| Afrikaans 1933/1953 | die aangesig van 'n mens na die palmboom toe aan die een, en die aangesig van 'n jong leeu na die palmboom toe aan die ander kant; in die hele huis al rondom is dit aangebring; |
| Afrikaans 1983 | 'n mensgesig na die kant toe van die palm aan die een kant, en 'n leeugesig na die kant toe van die palm aan die ander kant. Die versierings was rondom teen die hele tempelgebou aangebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die gesig van 'n mens, gerig na die palmet aan die een kant, en die gesig van 'n leeu, gerig na die palmet aan die ander kant. Dit was aangebring aan al die tempelmure reg rondom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een gesig was 'n mensgesig en die ander gesig was 'n leeugesig, en die gesigte het na die palmbome gekyk. Daar was gerubs teen al die mure van die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die een kant was daar ’n gesig soos ’n mens s’n, en aan die ander kant ’n gesig soos dié van ’n leeu. Die hele huis van die Here was so versier, met dieselfde tekeninge. |