Ezekiel 41:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is gemaak met gérubs en palmbome, sodat 'n palmboom tussen 'n gérub en 'n gérub was; en elke gérub het twee gesigte gehad; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | was die mure versier met gerubs en palmversierings, met elke keer ’n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad, |
| Afrikaans 1933/1953 | En aangebring is g,rubs en palmbome, en daar was 'n palmboom tussen g,rub en g,rub; en elke g,rub het twee aangesigte gehad: |
| Afrikaans 1983 | gerubs en palmversierings aangebring, telkens 'n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | waarop gerubs en palmette aangebring was. Daar was elke keer 'n palmet tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | gerubs en palmbome, en ook teen al die mure rondom, binne en buite. Daar was elke maal 'n palmboom tussen twee gerubs, en elke gerub het twee gesigte gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tussen elke tekening van ’n boodskapper van die Here was daar palmbome geteken. Elke boodskapper van die Here is met twee gesigte geteken. |