Ezekiel 41:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die deurposte en die smal vensters en die galerye rondom op hulle drie verdiepings, regoor die deur, rondom met hout bedek, en van die grond af tot by die vensters, en die vensters was bedek; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | soos ook die drumpels, die hortjievensters en die gange rondom die tempelgebou, en ook die voorkante van die drumpels. Dit was alles met houtpanele oordek. Van die grond af tot teen die vensteropenings was alles met houtpanele oordek, ook die vensteropenings self. |
| Afrikaans 1933/1953 | die drumpels en die vensters van latwerk en die galerye rondom al drie -- teenoor die drumpel was geskaafde hout al rondom -- en die grond tot by die vensters die vensters was bedek, |
| Afrikaans 1983 | die drumpels, die hortjievensters en die gange rondom die tempelgebou, en ook die voorkante van die drumpels, was alles met hout oorgetrek. Van die grond af tot teen die vensteropenings was alles met hout oorgetrek, ook die vensteropenings self. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die drumpels, die vensters met luike en met rame aan drie kante, uitgesonderd die vensterbank, was oral met hout beklee. Van die vloer af tot by die vensters was dit bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die drumpels, die vensters met die hortjies, die vensterbanke by die drie kante, en die voorkante van die drumpels, dit alles was toe met planke. Dit was toegemaak met planke, van die vloer tot by die vensters, en die venster-rame was ook van hout gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ook gesien dat al die vertrekke in die huis van die Here, asook die ingang tot die huis, die drumpels van die deure, die vensters en die gange rondom, alles met hout oorgetrek was. Van die grond af tot by die vensters was alles met hout oorgetrek. Die vensters was ook van hout. |