Ezekiel 41:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die lengte van die gebou gemeet teenoor die aparte plek wat daaragter was, en sy galerye aan die een kant en aan die ander kant, honderd el, met die binneste tempel en die voorportaal van die voorhof; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy die westelike gebou gemeet, insluitende die mure, wat 50 meter wyd was. Die voorste en binneste tempelvertrek en die voorportaal was met houtpanele oordek |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hy dan gemeet die lengte van die gebou teenoor die afgeslote ruimte, wat aan die agterkant daarvan lê, en die galerye daarvan aan weerskante: honderd el, en die binneste van die tempel en die voorportale van die voorhof; |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die man die westelike gebou aan die tempelplein agter die tempelgebou gemeet, saam met die gange weerskante van die groot gebou. Die afstand was vyftig meter. Die voorste en die binneste tempelvertrekke, die toegangsportaal uit die binneste voorhof uit, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe meet hy die breedte van die gebou langs die ruimte waar toegang beperk is, dié een aan die agterkant daarvan, saam met die lyste daarvan aan albei kante: Dit was honderd el. Die hoofvertrek, die binnevertrek en die portale by die voorhof, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het gemeet hoe breed die gebou is langs die oop plek agter die tempel. Hy het dit gemeet saam met die gange langs die twee kante van die gebou, dit was 100 el. Die voorste en die agterste kamers van die tempel was toe met planke, en ook die voorportale waardeur 'n mens na die oop stukke grond kon gaan, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die man die gebou aan die westekant agter die huis van die Here gemeet. Hy het ook die gange weerskante van die gebou gemeet. Die afstand was 50 meter. |