Ezekiel 41:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy die huis gemeet, honderd el lank; en die afgesonderde plek en die gebou met sy mure, honderd el lank;
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het eers die tempel gemeet. Dit was 50 meter lank. Daarna het hy die tempelhof agter die tempelgebou saam met die westelike gebou en sy mure gemeet, en dit was ook 50 meter lank.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy die huis gemeet: die lengte honderd el; ook die afgeslote ruimte en die gebou en die mure daarvan: die lengte honderd el.
Afrikaans 1983 Die man het eers die tempelgebou gemeet. Dit was vyftig meter lank. Daarna het hy die tempelplein agter die tempelgebou saam met die westelike gebou en sy mure gemeet, ook vyftig meter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna meet hy toe die tempel: Dit was honderd el lank. Die ruimte waar toegang beperk is, saam met die gebou en sy mure aan die westekant, was ook honderd el lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het toe die tempel gemeet. Dit was 100 el lank, en die oop plek saam met die gebou en sy mure was ook 100 el lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het eers die huis van die Here klaar gemeet. Dit was 50 meter lank. Daarna het hy die area agter die huis van die Here gemeet, en ook die westelike gebou met sy mure. Die lengte was ook 50 meter.