Ezekiel 41:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gebou wat voor die aparte plek was, aan die einde na die weste toe, was sewentig el breed; en die muur van die gebou was vyf el dik rondom, en sy lengte negentig el.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n groot gebou aan die westekant wat na die tempelhof gekyk het. Dit was 35 meter breed en 45 meter lank, en sy muur rondom was twee en ’n half meter dik.
Afrikaans 1933/1953 En die bouwerk wat teenoor die afgeslote ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed, en die muur van die bouwerk vyf el breed al rondom, en die lengte daarvan negentig el.
Afrikaans 1983 Daar was 'n gebou aan die westekant van die tempelplein. Die gebou was vyf en dertig meter breed en vyf en veertig meter lank, en sy muur rondom was twee en 'n half meter dik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gebou aan die westekant van die tempel was sewentig el lank en negentig el breed, en was teenoor die ruimte waar toegang beperk is; die muur van die gebou was rondom vyf el dik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook 'n gebou op die westekant van die oop plek. Die gebou was 70 el breed, en die muur van die gebou was oral 5 el dik. Die gebou was 90 el lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die westekant van die huis van die Here was daar nog ’n gebou. Hierdie gebou was 35 meter breed en 45 meter lank, en sy muur was twee en ’n half meter dik.