Ezekiel 41:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die deure van die sykamers was na die plek wat oorgebly het, een deur na die noorde en 'n ander deur na die suide; en die breedte van die plek wat oorgebly het, was vyf el rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Twee deure het vanuit die sykamers op die terrasarea oopgemaak, en dit was twee en ’n half meter breed. Daar was ingange aan die noorde- en die suidekant. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die deuropening van die sykamers was na die plek toe wat oopgelaat is: een deur na die noorde en een deur na die suide; en die breedte van die plek wat oopgelaat is: vyf el al rondom. |
| Afrikaans 1983 | Die ingange na die verdiepinggebou toe was van die terras af. Daar was ingange aan die noorde- en aan die suidekant. Die terras was rondom twee en 'n half meter breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die ingange na die sykamers was uit die ruimte rondom die tempel – een ingang aan die noordekant en een ingang aan die suidekant. Die dikte van die buitemuur by die ingange was oral vyf el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens kon van die oop plek ingaan in die gebou wat teen die tempelmure was. 'n Mens kon ingaan by die noordekant of by die suidekant. Die muur van die oop plek was oral 5 el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ingange na die kamers toe het van die oop area na binne gelei. Daar was ’n ingang na die kamers aan die noordekant en een aan die suidekant. Die oop area was twee en ’n half meter breed. |