Ezekiel 41:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het hy my na die tempel gebring en die deurposte gemeet: ses el breed aan die een kant en ses el breed aan die ander kant, dit was die breedte van die tabernakel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het die man my in die tempel na die groot vertrek geneem, en hy het die pilare weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter in deursnee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy my in die hoofvertrek gebring; en hy het die deurposte gemeet: ses el die breedte aan die een en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die tent. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die man my in die tempel self gebring en die mure weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter dik aan weerskante. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe neem hy my na die hoofvertrek van die •tempel, en meet die afskortingsmure: Dit was ses el dik aan die een kant en ses el dik aan die ander kant. Dit was die breedte van die afskortingsmuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het my toe in die voorste kamer van die tempel gebring. Hy het die mure by die twee kante van die deur gemeet. Elke muur was ses el dik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het die man my in die huis van die Here ingeneem, in die groot vertrek waar slegs die mense wat in die huis van die Here werk, mag kom. Hy het toe die mure aan weerskante van die ingang van die huis van die Here gemeet. Hulle was drie meter dik. |