Ezekiel 40:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy die voorportaal van die poort gemeet, agt el; en sy deurposte: twee el; en die voorportaal van die poort was na binne.
Afrikaans (NLV) 2011 en dit was vier meter. Die pilare wat dit gedra het, was een meter dik. Dié ingangsportaal was aan die binnekant van die ingang en het na die tempel gekyk.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy die voorportaal van die poort gemeet: agt el, en sy deurposte: twee el; die voorportaal van die poort was aan die binnekant.
Afrikaans 1983 Daarna het hy die toegangsportaal self gemeet. Dit was vier meter, en die mure weerskante van die agterste uitgang van die toegangsportaal was een meter dik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was agt el lank, en die afskortingsmure was twee el dik. Die portaal van die poort was aan die tempel se kant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe meet hy die voorportaal. Dit was ag el lank. Die pilare van die voorportaal was twee el dik. Die voorportaal van die poort was aan die voorkant van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hierdie man ook die opening gemeet waardeur ’n mens ingaan na die huis van die Here se terrein. Dit was vier meter by vier meter, en die muur was ’n meter dik.