Ezekiel 40:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke kamertjie was een riet lank en een riet breed; en tussen die kamers was vyf el; en die drumpel van die poort by die voorportaal van die poort binne was een riet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sykamers vir die wagte aan elke kant was elkeen drie vierkante meter, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en ’n half meter dik. Agter teen die poortgebou was daar ’n ingangsportaal, en die drumpel na die portaal was drie meter breed. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elke sykamer: een roede die lengte en een roede die breedte; en tussen die sykamers: vyf el; en die drumpel van die poort langs die voorportaal van die poort aan die binnekant: een roede. |
| Afrikaans 1983 | Die sykamers binne-in die poortgebou was elkeen drie meter in die vierkant, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en 'n half meter dik. Aan die binnekant, agter teen die poortgebou, was daar 'n toegangsportaal. Die drumpel na die portaal toe was drie meter breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dienskamers vir die wagte was een maatstok lank en een maatstok breed, en tussen die dienskamers was dit vyf el. Die drumpel van die poort aan die binnekant van die poort se portaal was ook een maatstok. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was kamers in die poort. Elke kamer was een meetriet lank en een meetriet breed. Elke muur tussen die kamers was vyf el dik. Die drumpel van die poort langs die kant van die voorportaal van die poort was een meetriet breed. Die voorportaal was aan die voorkant van die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Binne-in die poort was daar plek waar die wagte kon sit, aan weerskante van die ingang. Elke vertrek waar die wagte gesit het, was drie meter by drie meter groot. Die muur tussen die twee vertrekke was twee en ’n half meter dik. Aan die binnekant was daar ’n opening waardeur ’n mens in die huis van die Here kon ingaan. Die begin van die portaal was ook drie meter wyd. |