Ezekiel 40:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom hy by die poort wat na die ooste kyk, en hy het met die trappe daarvan opgegaan en die drumpel van die poort gemeet, wat een riet breed was; en die ander drumpel van die poort, wat een riet breed was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hy na die ingang gegaan by die oostelike muur, die trappe opgeklim en die drumpel van die ingang gemeet. Dit was drie meter breed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy gekom by 'n poort waarvan die voorkant na die ooste lê, en hy het met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een roede die breedte, en die ander drumpel: een roede die breedte. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die man na die poort toe gegaan wat oos gekyk het, die trappe opgeklim en die poort se drumpel gemeet. Dit was drie meter breed. Daar was net een drumpel en hy was drie meter breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy kom toe by die poort wat oos front, klim met die trappe op, en meet die drumpel van die poort. Dit was een maatstok breed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die man na die poort by die oostekant gegaan. Hy het teen die trappe opgeklim en hy het die drumpel van die poort gemeet. Die drumpel was een meetriet breed. Daar was net een drumpel, en dit was een meetriet breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die man na die hek aan die oostekant van die huis van die Here gegaan. Hy het met die trap opgeklim en toe meet hy die drumpel. Dit was ook drie meter breed. |