Ezekiel 40:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n muur aan die buitekant van die huis rondom, en in die man se hand 'n meetriet van ses el lank per el en 'n handbreedte; so het hy die breedte van die gebou gemeet: een riet; en die hoogte, een riet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sien toe ’n muur wat die hele tempelarea omring. Die man se meetstok was drie meter lank. Hy het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en drie meter hoog. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, daar was 'n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el elkeen was 'n el en 'n handbreedte; en hy het die dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede. |
| Afrikaans 1983 | Daar was 'n muur buite-om die tempelgeboue. Die meetstok wat die man in sy hand gehad het, was drie meter lank, langer dus as 'n gewone meetstok. Die man het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en net so hoog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, daar was 'n muur buite reg rondom die •tempel. In die man se hand was die maatstok van ses el – hierdie el is 'n el en 'n handbreedte. Hy het die breedte van die muur gemeet, dit was een maatstok, en die hoogte was ook een maatstok. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sien toe daar is 'n muur buite-om die tempel. Die man het die muur gemeet. Die muur was een meetriet dik en een meetriet hoog. Die meetriet wat die man in sy hand gehad het, was ses el en 'n handbreedte lank. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sien toe ’n muur wat reg rondom die huis van die Here gebou is. Die man het sy liniaal gevat. Die liniaal was drie meter lank. Hy meet toe die muur om die huis van die Here met sy liniaal. Die muur was presies drie meter lank en ook drie meter dik. |