Ezekiel 40:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die lengte van die voorportaal was twintig el en die breedte elf el; en hy het my by die trappe gebring waarmee hulle daarop geklim het, en daar was pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die portaal was tien meter lank en ses meter breed. Tien trappe het na die ingang gelei. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die lengte van die voorportaal was twintig el, en die breedte elf el, en dit by die trappe waarmee 'n mens daarheen opgaan; ook was daar pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant. |
| Afrikaans 1983 | Die portaal was tien meter lank en ses meter breed, en die ingang is bereik deur middel van tien trappe. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die lengte van die portaal was twintig el, en die breedte elf el. Met tien trappe kon 'n mens daarheen opklim. Daar was pilare by die afskortingsmure, een aan elke kant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die voorportaal was 20 el lank en elf el breed. Daar was trappe om op te gaan in die voorportaal. Daar was pilare langs altwee kante van die voorportaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ingang tot die voorste deel was tien meter lank en ses meter breed. ’n Mens kon die ingang bereik deur tien trappe te klim. Aan weerskante van die ingang was daar ’n pilaar teen elke muur. |