Ezekiel 40:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het my na die voorportaal van die huis gebring en elke deur van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort was drie el aan die een en drie el aan die ander kant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring. Hy het die pilare gemeet wat die struktuur ondersteun, en dit was twee en ’n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en ’n half meter breed aan weerskante. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy my gebring in die voorportaal van die huis; en hy het elke deurpos van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort: drie el aan die een, en drie el aan die ander kant. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring en die mure weerskante van die portaal se ingang gemeet. Hulle was twee en 'n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en 'n half meter breed aan weerskante. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe neem hy my na die portaal van die tempel, en hy meet die afskortingsmure van die portaal. Dit was vyf el dik aan albei kante. Die breedte van die poort was veertien el, en die sykante van die poort was drie el aan albei kante. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die man my gebring na die voorportaal van die tempel. Hy het die mure langs altwee kante van die deur gemeet. Elke muur was vyf el lank. Die deur by elke kant was drie el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die man die mure aan weerskante van die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Hulle was twee en ’n half meter lank. |