Ezekiel 40:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die voorhof gemeet: honderd el lank en honderd el breed, vierkantig; en die altaar wat voor die huis was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man het die binneste voorhof gemeet en dit was 50 vierkante meter. Die altaar het daar in die hof voor die tempel gestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die voorhof gemeet: die lengte honderd el en die breedte honderd el, 'n vierkant; en die altaar was voor die huis. |
| Afrikaans 1983 | Die man het die voorhof gemeet. Dit was vyftig meter in die vierkant. Die altaar was voor die tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy meet toe die voorhof. Dit was vierkantig, honderd el lank en honderd el breed. Die altaar was voor die tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die man die oop stuk grond gemeet. Dit was vierkantig, 100 el lank en 100 el breed. Die altaar was voor die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man het toe die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Dié vertrek was 50 meter by 50 meter. Die altaar waarop die offers gebring is, was voor die huis van die Here. |