Ezekiel 40:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kamer waarvan die vooruitsig na die noorde is, is vir die priesters, wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok onder die seuns van Levi wat na die HERE nader om Hom te dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vertrek langs die suidelike binne ingang is vir die priesters, die nageslag van Sadok, wat by die altaar diens doen. Net hulle alleen van al die Leviete mag voor die altaar kom om die diens aan die Here te verrig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die HERE mag nader kom om Hom te dien. |
| Afrikaans 1983 | Die vertrek wat noord kyk, is bedoel vir die priesters wat by die altaar diens doen. Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok kan na die altaar toe kom om die diens aan die Here te verrig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die vertrek wat noord front, is vir die priesters wat verpligtinge by die altaar nakom. Hulle is Sadokiete, uit die geslag van Levi, wat mag nader kom na die Here om vir Hom diens te verrig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kamer langs die oos-poort, is vir die priesters wat by die altaar werk. Hulle is almal die nageslag van Sadok. Net hierdie priesters uit die nageslag van Levi mag naby die altaar kom om vir die Here te werk.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |