Ezekiel 40:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En buitekant die binnepoort was die kamers van die sangers in die binneste voorhof wat aan die kant van die noordpoort was; en hulle vooruitsig was na die suide: een aan die kant van die oostelike poort met uitsig na die noorde.
Afrikaans (NLV) 2011 Binne die binneste voorhof was daar twee geboue met vertrekke vir die sangers, een teen die noordelike ingang wat suid kyk en die ander teen die oostelike ingang wat noord kyk.
Afrikaans 1933/1953 En buitekant die binneste poort was twee kamers in die binneste voorhof, een aan die symuur van die noordpoort, met die voorkant na die suide toe; een was aan die symuur van die suidpoort, met die voorkant na die noorde toe.
Afrikaans 1983 Buitekant die binneste poort, in die binneste voorhof, was die vertrekke van die sangers. Die vertrekke was teen die noordpoort en het suid gekyk. Daar was ook teen die oospoort 'n vertrek, wat noord gekyk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Buite die binneste poort was daar twee vertrekke in die binneste voorhof – een wat suid front, langs die noordpoort, en een wat noord front, langs die suidpoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Langs die buitekant van die binneste poort was daar kamers vir die mense wat moes sing. Dit was op die binneste oop stuk grond. Die een kamer was langs die noord-poort. Die voorkant van die kamer was suid. Die ander kamer was langs die oos-poort. Die voorkant van hierdie kamer was noord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buite die ingangsportaal was kamers waar die mense kon bly wat in die huis van die Here musiek gemaak het. Die vertrekke was by die ingang aan die noordekant en het suid gekyk. Teen die ingang aan die oostekant was daar ook ’n kamer, wat noord gekyk het.