Ezekiel 40:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vier tafels was van gekapte klip vir die brandoffer, anderhalf el lank en anderhalf el breed en een el hoog; waarop hulle ook die gereedskap neergelê het waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ook vir die voorbereiding van die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen ’n driekwart vierkante meter en ’n half meter hoog. Op hierdie tafels is die slagmesse neergesit om die brandoffer en ander offers te slag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was vier tafels vir die brandoffer, van gekapte klippe, die lengte anderhalf el, en die breedte anderhalf el, en die hoogte een el -- daarop het hulle die gereedskap neergesit waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het. |
| Afrikaans 1983 | Daar was vir die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen 'n driekwart meter in die vierkant en 'n half meter hoog. Die gereedskap waarmee die offerdiere geslag is, is gebêre op |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was ook vier tafels van gekapte klip vir die brandoffers, elkeen een en 'n half el lank, een en 'n half el breed en een el hoog. Daarop is die gereedskap neergesit waarmee die brandoffers en ander offers geslag is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [42-43] Die vier tafels waar hulle die diere vir die brand-offer geslag het, was gemaak van gekapte klip. Elke tafel was een en 'n halwe el lank en een en 'n halwe el breed en een el hoog. Daar was lae muurtjies teen die mure van die poort, die lae muurtjies was een handbreedte breed. Die priesters het die diere geslag vir die brand-offer en die ander offers, en hulle het dan hulle gereedskap op die lae muurtjies neergesit. Hulle het die offer-vleis op die tafels neergesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ook vier tafels wat van klip gemaak is. Elkeen van dié tafels was ’n driekwart meter by ’n driekwart meter en ’n half meter hoog. |