Ezekiel 40:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die man het vir my gesê: Mensekind, kyk met jou oë en hoor met jou ore, en rig jou hart op alles wat ek jou sal wys; want met die doel om hulle aan jou te wys, is jy hierheen gebring; vertel die huis van Israel alles wat jy sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié man sê toe vir my: “Mensekind, kyk en luister aandagtig. Gee aandag aan alles wat ek vir jou wys. Jy het hiernatoe gekom sodat ek jou baie dinge kan wys. Dan kan jy na die mense van Israel teruggaan en hulle vertel wat jy alles gesien het.”
Afrikaans 1933/1953 En die man het met my gespreek: Mensekind, kyk met jou oë en hoor met jou ore en gee ag op alles wat ek jou sal laat sien; want om jou dit te laat sien, is jy hierheen gebring. Verkondig aan die huis van Israel alles wat jy sien.
Afrikaans 1983 Die man het vir my gesê: “Mens, jy moet goed kyk en luister, jy moet oplet na alles wat ek vir jou wys, want jy is hiernatoe gebring om alles vir jou te wys. Wat jy gesien het, moet jy dan vir Israel gaan sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man praat toe met my: “Mensekind, jy moet stip kyk en aandagtig luister, jou aandag rig op alles wat ek jou gaan wys, want jy is hierheen gebring met die doel om dit vir jou te wys. Maak alles wat jy sien, bekend aan die huis van Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir my gesê: “Mens, jy moet goed kyk en luister, jy moet alles onthou wat ek vir jou sal wys, want die Here het jou hiernatoe gebring om vir jou alles te wys. Jy moet vir die volk Israel alles gaan vertel wat jy gesien het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie man sê toe vir my: “Mens, jy moet baie mooi kyk na wat nou voor jou oë gaan afspeel. En jy moet mooi luister. Jy is hiernatoe gebring sodat ek jou ’n hele klomp dinge kan wys. Dan moet jy teruggaan na Israel en hulle presies gaan vertel wat jy alles gesien het.”