Ezekiel 40:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die voorportaal van die poort was twee tafels aan die een en twee tafels aan die ander kant, om daarop die brandoffer en die sondoffer en die skuldoffer te slag.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan elke kant van hierdie voorportaal was daar twee tafels waar die offerdiere geslag is vir die brandoffer, sonde-offer en skuldoffer.
Afrikaans 1933/1953 En in die voorportaal van die poort was twee tafels aan die een en twee tafels aan die ander kant om daarop die brandoffer en die sondoffer en die skuldoffer te slag.
Afrikaans 1983 In die toegangsportaal was daar aan weerskante twee tafels waarop die diere vir die brandoffer, die sondeoffer en die skuldoffer afgeslag is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die portaal van die poort was daar twee tafels aan hierdie en aan daardie kant om die brandoffers, •reinigingsoffers en •hersteloffers op te slag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die voorportaal van die poort was twee tafels langs elke kant. Hulle het die diere vir die brand-offer en die sonde-offer en die skuld-offer op die tafels geslag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die ingangsportaal was daar twee tafels aan weerskante teen die muur. Hierop is die diere geslag wat verbrand word sodat die Here mense se slegte dade kan vergewe.