Ezekiel 40:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kamers en die ingange daarvan was by die deurposte van die poorte, waar hulle die brandoffer gewas het.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Deur het uit die voorportaal na die binneste ingang aan die noordelike kant gelei, na ’n sykamer waar die vleis vir die offers gewas is voor dit na die altaar geneem is.
Afrikaans 1933/1953 En 'n kamer met sy ingang was by die deurposte by die poorte; daar het hulle die brandoffer afgespoel.
Afrikaans 1983 Daar was 'n vertrek met sy deuropening in die toegangsportaal van die noordelike binnepoort. Dit is waar die brandoffers afgespoel is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was 'n vertrek waarvan die toegang by die buitenste afskortingsmure van die poort was. Daar het hulle die •brandoffers afgespoel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nog 'n kamer. Die kamer se deur was in die voorportaal van die poort. Hulle het die vleis vir die brand-offer daar afgespoel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ’n ekstra vertrek wat hier gebou is met ’n opening na die ingangsportaal. Hier is die brandoffers afgespoel wat op die altaar verbrand is.