Ezekiel 40:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy deurposte was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, weerskante en weerskante; en die opgang daarheen het agt trappe gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was versierings van palms aan die mure. Agt trappe het na die ingang gelei.
Afrikaans 1933/1953 En sy voorportaal was na die buitenste voorhof toe; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad.
Afrikaans 1983 Sy toegangsportaal was na die buitenste voorhof toe, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante en ag trappe op na die poort toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die portaal daarvan was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Die buitetrap daarvan het agt trappe gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om in die buitenste oop stuk grond te kom, en daar was palmbome uitgesny op die pilare langs altwee kante. 'n Mens het teen ag trappe opgegaan in die poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy ingangsportaal was na die buitekant toe, met palmbome teen die mure geverf en agt trappe waarteen jy moet opklim.