Ezekiel 40:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy voorportaal was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, weerskante en weerskante; en die opgang daarheen het agt trappe gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Die voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk. Daar was palmversierings aan die mure aan weerskante, en agt trappe het na die ingang gelei.
Afrikaans 1933/1953 En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad.
Afrikaans 1983 Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Sy buitetrap het agt trappe gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om op die oop stuk grond by die buitekant te kom. Daar was palmbome uitgesny op die pilare langs altwee kante, en 'n mens het teen ag trappe opgegaan in die poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gebou het ook ’n ingangsportaal na die buitekant toe gehad. Teen die mure was daar tekeninge van palmbome. ’n Mens moes agt trappe klim om by die ingang te kom.