Ezekiel 40:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my in die binneste voorhof gebring na die ooste toe; en hy het die poort gemeet volgens hierdie afmetings.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die man my na die oostelike ingang van die binneste voorhof gevat. Hy het die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy my na die binneste voorhof gebring, na die ooste; en hy het die poort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.
Afrikaans 1983 Daarna het die man my na die oostekant van die binneste voorhof toe gebring en die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe neem hy my na die binneste voorhof aan die oostekant. Hy het die poort gemeet; dit was soos die ander afmetings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe bring die man my na die binneste oop stuk grond, dit was langs die oostekant. Daar was 'n poort, en hy het die poort gemeet. Dit was so groot soos die ander poorte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die man my na die oostekant toe geneem, na die ingang daar. Hy het hierdie ingang gemeet. Dit was net so groot soos die ander ingange.