Ezekiel 40:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy voorportaal was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, en die opgang daarheen het agt trappe gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Die voorportaal van die suidelike ingang het op die buitenste voorhof uitgekyk. Die mure was met palms versier, en agt trappe het na die ingang gelei.
Afrikaans 1933/1953 En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte, en sy trap het agt trappies gehad.
Afrikaans 1983 Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure. Sy buitetrap het agt trappe gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om op die oop stuk grond by die buitekant te kom. Daar was palmbome uitgesny op die pilare en 'n mens het teen ag trappe opgegaan in die poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ingang het ook ’n ingangsportaal na die buitekant gehad. Daar was tekeninge van palmbome teen die mure. En daar was agt trappe wat jy moes opklim om by die ingang uit te kom.