Ezekiel 40:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het my daarheen gebring, en kyk, daar was 'n man wie se voorkoms soos koper was, met 'n vlaslyn in sy hand en 'n meetriet; en hy het in die poort gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos Hy my naderbring, sien ek ’n man wie se gesig soos koper blink en wat by ’n hek staan. Hy het ’n maatband en ’n meetstok in sy hand gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het my daarheen gebring; en kyk, daar was 'n man wat in sy voorkoms soos koper gelyk het; en in sy hand was 'n linnetou en 'n meetroede; en hy het by die poort gestaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het my daarnatoe gebring en daar sien ek toe 'n man wat gelyk het of hy van brons is. Daar was 'n linnetou en 'n meetstok in sy hand, en hy het by 'n poort gestaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het my daarheen geneem, en kyk, daar was 'n man wat gelyk het asof hy van brons was. Daar was 'n toutjie van vlas in sy hand, en ook 'n maatstok. Hy het in die poort gestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het my daarnatoe gebring, en daar was 'n man, die man het geblink soos brons. In sy hand was 'n tou van vlas en 'n meetriet, en hy het by die poort gestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos Hy my nader gebring het, het ek ’n man gesien wat langs ’n ingangshek na die stad toe gestaan het. Wanneer die lig daarop skyn, het hierdie man se gesig geblink asof dit van brons gemaak is. Hy het ’n liniaal en ’n tou in sy hande gehad. |