Ezekiel 40:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy kamertjies en sy deurposte en sy voorportaal volgens hierdie afmetings: en daar was vensters daarin en in sy voorportaal rondom; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sykamers, die tussenmure en toegangsportaal in dié gebou was dieselfde grootte as in die ander. Daar was ook vensteropenings langs die mure en in die voorportaal wat 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal was volgens die mate; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el. |
| Afrikaans 1983 | Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dienskamers, die afskortingsmure en die portaal was soos die ander afmetings. Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kamers en die pilare en die voorportaal was so groot soos die ander kamers en pilare en voorportale. Daar was ook vensters in al die mure. Daar was vensters in al die mure van die poort en die voorportaal. Die poort was 50 el lank en 25 el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die kamers aan die kante en die ingangsportaal was presies net so groot soos die ander ingange tot die huis van die Here se kamers en portale. Die gebou en die ingangsportaal het ook vensters in gehad, en dit was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. |