Ezekiel 40:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my na die binneste voorhof gebring deur die suidpoort; en hy het die suidpoort gemeet volgens hierdie afmetings;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die man my deur die suidelike ingang na die binneste voorhof toe gebring. Hy het dit gemeet en die afmetings was dieselfde as by die ander ingange.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy my deur die suidpoort gebring na die binneste voorhof; en hy het die suidpoort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.
Afrikaans 1983 Daarna het die man my deur die suidpoort na die binneste voorhof toe gebring, en die suidpoort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe neem hy my na die binneste voorhof, deur die suidpoort. Hy het die suidpoort gemeet: dit was soos die ander afmetings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe neem hy my deur die suid-poort na die binneste oop stuk grond. Toe hy die binneste suid-poort meet, was dit so groot soos die ander poorte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hy my na die binneste ingang van die suidelike toegang geneem. Hy het hierdie opening gemeet. Dit was dieselfde as die ander ingange tot die huis van die Here se terrein.