Ezekiel 40:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n poort in die binneste voorhof na die suide toe, en hy het gemeet van poort tot poort na die suide, honderd el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Reg oorkant die buitenste ingang was nog ’n poort wat na die binneste hof gelei het. Die afstand tussen die binneste en die buitenste poortgeboue aan die suidekant was 50 meter. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook was daar 'n poort na die binneste voorhof na die suide; en hy het van poort tot poort gemeet, na die suide: honderd el. |
| Afrikaans 1983 | Hier aan die suidekant was daar ook 'n poortgebou teen die binneste voorhof. Die man het die afstand tussen die binneste en die buitenste poortgeboue aan die suidekant gemeet. Dit was vyftig meter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die binneste voorhof het 'n poort na die suide gehad. Hy het van poort tot poort na die suide gemeet; dit was honderd el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n poort by die suidekant van die binneste oop stuk grond. Die man het gemeet hoe ver dit is van die een poort na die ander poort. Dit was 100 el. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die suidekant was daar ook ’n ingang met ’n gebou teen die huis van die Here se kant. Die man het die afstand tussen die buitenste ingang en die binneste ingang gemeet. Dit was 50 meter. |