Ezekiel 40:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was sewe trappe om daarheen op te klim, en sy voorportaal was voor hulle, en dit het palmbome gehad, een aan die een en een aan die ander kant, op sy deurposte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was sewe trappe op na die ingang toe en agterin was ’n toegangsportaal. Die mure aan weerskante was met palms versier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy trap het sewe trappies gehad, en sy voorportaal was daarvoor; en dit het palmbome gehad, een aan die een en een aan die ander kant, op sy deurposte. |
| Afrikaans 1983 | Daar was sewe trappe op na die poort toe en agteraan was 'n toegangsportaal. Op elkeen van die tussenmure weerskante was daar 'n palmversiering. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe trappe het toegang daartoe verleen, en die portaal was aan die voorkant. Dit het palmette gehad, een aan hierdie en een aan daardie kant van die afskortingsmure. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens kon teen sewe trappe in die poort opgaan, en daar was 'n voorportaal by die binnekant. Daar was ook palmbome uitgesny op die pilare by altwee kante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ook sewe trappe wat jy moet opklim om by die ingang te kom. En agter was ook ’n ingangsportaal. Teen die mure was daar ook prente van palmbome. |