Ezekiel 40:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was vensters daarin en in sy voorportaal rondom, soos daardie vensters: die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net soos die ander, het die toegangsportaal ook vensteropenings rondom gehad wat 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom soos die vorige vensters; die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el. |
| Afrikaans 1983 | Net soos die ander, het dié poortgebou se toegangsportaal ook vensteropenings rondom gehad, en was hy vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad, soos die ander vensters. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was ook vensters in die poort en in die voorportaal, en die poort was ook 50 el lank en 25 el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook hier was vensters, en die opening was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. |